Dra Trots jou Moeder Taal!
Voortrekkers!
Onthou julle nog die jul veldskool en of voortrekkerdae?
Penkoppe en drawwertjies.. ware vriende,
berge en klowe,
na-nag feesviering ..en daai eerste kompas-vuurdoop in die middernag?
Perfek gestrykte uniform onder die matras..
Die skoene gepolitoer so blink soos ‘n spieël?
En natuurlik die samesyn om die kampvuur saans:
en ons getroue ou FAK..
Ek haal vir julle een van my gunstelinge aan
uit my – Mei 1938 weergawe..
Oktobermaand/C Louis Leipoldt:
Dit is die maand Oktober,
die mooiste mooiste maand
Dan is die dag so helder,
so groen is elke aand,
So blou en sonder wolke die hemel heerlik bo,
So blomtuin vol van kleure die asvaal ou karoo ..x2
Dit is die maand Oktober!
Die Varkblom is in bloei
Oor al die seekoegate’ is Kafferskuil gegroei
Die koppies, kort gelede
nog as ‘n klip so kaal,
Het nou vir welkomsgroetnis
hul mooiste voorgehaal ..x2
Dit is die maand Oktober!
Ek dink die mense vier
Vir ewig in die hemel
Oktobermaand soos hier!
Wat wens jy meer as blomme,
As helder dag en nag?
Wat kan jy beter, mooier,
Of heerliker verwag? ..x2
Wat gee ek om vir winter?
Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit as ons later
weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober,
Die mooiste, mooiste Maand,
Met elke dag so helder
so pragtig elke aand! ..x2
HELP ONS DAT AFRIKAANS..
EN AFRIKANERS NIE IN DIE STOF
VERLORE GAAN NIE!
Kom deel goeie tye saam… Jou bydrae…is vir almal ‘n bonus!
