Subject: Woorde van wysheid deur Nataniel..
Wees altyd dankbaar vir alles wat jy het en lewe eenvoudig.
Hoe minder goeters jy het, hoe minder wharries het jy ..
en hoe lekkerder slaap jy!
Wees onvoorwaardelik lief vir jou gesin en familie en aanvaar
elkeen presies net soos hy/sy daar is ..vriende kan jy kies, familie nie!
Moenie toelaat dat jou brein muf met ‘issues’ soos onvergewensgesindheid,
skuldgevoelens of grudges nie …sorteer alle stront uit nog voor die son sak!
Hardloop jou lewens-spiedomitir in die rooi …help waar jy kan en
lewe voluit terwyl jy nog lewe in jou het ..’use it – or lose it’!
Geniet die eenvoudige dinge. Die ‘image’-goed en ‘keeping up with
the Jones’ is sommer ‘n pot snot ...hulle (die Jones’) sit in elk geval nou
in Ozzie.
Al wys die ‘replay’ duidelik dat hy verkeerd is …maak vrede met
die ref se beslissings en jy sal dadelik beter voel!
Vermy bedompige gyms wat stink na yuppie-spray waar hooter-neuse
in snaakse Star Wars klere soos hamsters op gevriesde fietse sit en trap
…kry oefening deur te gaan stap langs die see of in die veld of ‘n rêrige
fiets te ry ..doen iets in die buitelug, maar moenie in die strate op en af
draf nie, dis ‘common’ en maak ander mense skuldig voel.
As jy ‘n ‘no-name brand’ T-Shirt sien wat jy laaik, koop dit …na
moer met die name-goed wat jy in elk geval nie kan bekostig nie -
solank dit net gemaklik pas. Laat andere maar hul geld mors op goed wat hulle
vals selfvertroue in hul eie plestiek-wêreld gee!
Lag dikwels …lank en lekker, dit hou jou gesond! Haal diep asem,
drink meer water as wat jy moet en kou jou kos fyn.
Eet meer van die goed wat mens pluk of uit die grond grawe.
Behou jou grapgat vrinne en vermy die suurgatte …
hulle is ‘demoralising’ en trek jou af na hulle vlak.
Jou huis is jou plek en daar leef jy soos JY wil, too hell met die
snobs ..en die beste kar is een wat klaar betaal is!
Stel God EERSTE en alle ander goed sal self in plek val ..
.hê geloof!
Sê vir mense dat jy vir hulle omgee ..môre trek jy dalk jou
hout-jas aan, dan’s dit te laat..
