Laat ons soos mak donkies loop

om en om tot vasgeval in ‘n wentelsloot

die geld is op en ons is in die nood

die honger van die leef is groot

 

hope mielies moet ons maal

die hoongelag sal nie gou vervaal

Die pap is wit maar die mielies geel

doen jou plig soek so die lig

rondomtalie met die oogklappe aan

elke dag word net te veel..

 

want sien ons hoe die ander wei

voel

ons alles behalf bevry

dit wat jy het IS JY!

.

.

.

. . Buy Cialis . . . . . . .

moet nooit jou naaste sy goed beny

 

die gras is groener aan ander oewer

maar hierdie land is onse moeder

en sy gee ons daagliks onse voeding

vat wat jy kry of hou verby

 

en so sal ons elke dag

met of sonder mag

die tronk beleef

want hier moet ons mos vergeef

 

Jammer telke male tal

al het die jare al meer as een verval

regverdiging is ‘n dure prys

word verdien met geld en vuis

 

mag ons dan nie meer

die son en see geniet

sondes en die sweet

van onse vaders

word nie so gou vergeet

 

ons het die reg

op mag en seg

ons is ook hier om te bly

al se jul ons moet ry..

 

Tags: beny, dag, groot, jy, kry, leef, moeder, nbsp, om, pap, plig, prys, ry, sonder, VAT, wit

Leave a Reply

*

WordPress SEO fine-tune by Meta SEO Pack from Poradnik Webmastera