Galzone is the play
ground for woman
young at heart and
full of life.
English poems
“Afrikaanse gedigte”
Hier kan jy lees oor
gesondheid, gesindheid
en seksuele bevrediging.
Learn about health,
family issues and sexual freedom.
Come and play
Jy’s genooi
kom speel!
SURF THE WEB…..
BLY JY OF GLY JY?..
Eerste weergawe..
Oorspronklike selfgeskrewe Afrikaanse Gedig!
click vir meer gedigte…
“SIELSGEDROG!”
Word ‘n oomblik stil….
vergeef die dag sy lot!
want jy en jy alleen sal dien
jou Vader en jou God
Met mismoee tuur jy heen…….
en voel tog so vervreem
die sterre skoon verspot !
die maan verswelg jou laaste moed
want wat is tog hier mooi?
alles is net altyd moet!
Met hartseer sonder wete van…
… verlange, ag…”ek weet ek kan!”
“n Moeder, vrou en vriend is jy
in elke opsig so verbly
Maar telkens kom die wilde weer
Want storms sterk kan jy kan nie keer!
Van opstaan na ‘n harde val
tot neerle in die sagste soet!
‘n Moeder, Beminde, Vriendin,
Suster en ook Vrou
sal altyd – altyd weer berou…
Die hartseer van jou eie straf
vir dit wat jy nie moes vertrap
want jy weet jy, het hul beseer
maar jammer help ”sela” nie meer!
Niks sal ooit die liefde keer
al wankel elke tree..
want end uit tot die dood
sal liefde jou rondstoot.
Jy leer, jy lei, jy val, jy gly
Moedig vrou Jy moet bo bly!
Ag moeder waar is jy vannaand
ek sterf in eensaamheid alleen!
Die dag was lank en swaar vir my
Die nag se donker koggel my..
Daar wink ‘n donker sielsgedrog…
Hy wil hy, hy wens
- my hart te kry!
Maar moedig na my duisternag
klink kinderlaggies op vandag
Die son die skyn Die wind verdwyn
en iewers wag die nuwe dag
Genade is jou dag se brood
Die hunker na ‘n ligter noot
Geluk die wag om elke draai
jou hart sal weer wil skoppelmaai
hou moed
hou uit
niks kan beweer
dat jy sal sink,
alleen verdrink,
Want telkens is Sy hand maar daar..
Om jou met Liefde te bewaar
Herken die note wat daar speel
hou ritme met jou hart se slag
want more kom jou nuwe krag
Vertrap ellende keer op keer
want moedig soos dit jou betaam
kan jy maar altyd weer voortgaan!
Die son skyn weer!
Die reen sal sliet
maar jou liefde “geoffer”
is nooit verniet!
Tags: ellende, liefde, sielsgedrog



