Kraakvars Groente..

Kraakvars Groente..

      Onthou jy die kraakvars geur van ’n wortel met nog grond aan, murgpampoentjies wat blink van die dou? Kom, kweek jou eie … 

     

 

Tamaties 

 

  • Kweek in hangmandjies, potte en groot tuinbeddings, afhangende van die soort. .
  • Posisie:Volson.
  • Grond Voeg bemesting soos Osmocote by en moenie weer voed voor die eerste bloeisels verskyn nie. Voed gereeld nadat die plant geblom het met ’n vloeibare middel soos Nitrosol of Multifeed.
  • Water Sodra die plante gevestig is, moet jy dit een of twee keer per week goed natmaak, of soos nodig
  • Keer swamsiektes deur die grond nat te maak, nie die plante nie.
  • Onderhoud Ondersteun die plante, indien nodig: Steek stokke langs pas geplante saailinge in, sodat jy nie later die wortels beskadig .nie.
WENK Plant tamaties ’n bietjie dieper as ander plante.

Ertjies

  • Kweek in tuinbeddings.
  • Dwergvorms aard ook in groot potte.
  • Posisie: Volson.
  • Grond Maak seker die dreinering is goed.
  • Dien tydens planttyd ’n misstof soos Osmocote toe, indien nodig.
  • Gereelde toedienings van ’n vloeibare voedingsmiddel sal voordelig wees.
  • Water Maak deurnat wanneer droog.
  • Sorg gereeld vir genoeg water terwyl die blomme en vrugte ontwikkel – dit sal die beste oes verseker.
  • Onderhoud Bied steun waarteen selfs die dwergvorms kan oprank.
  • Die hegrankies klou die beste aan dun draad of net.
WENK Plant ’n paar plante in die lente vir ’n vroeë oes,
dan weer ’n paar in die middel tot laat herfs vir ’n vroeë winteropbrengs.
Watter groente moet ek plant?

Al gee dit groot plesier om ’n groot verskeidenheid groente te kweek,
is dit beter om te konsentreer op dié waarvan jou huismense hou.
 

Plant dus eerder groter hoeveelhede van net ’n paar soorte.
En bly op die uitkyk vir verbeterde kultivars,
veral dié wat groot opbrengste in klein ruimtes lewer

 Die vreugde van die oes wenke

  1. Geen ruimte is te klein vir ’ n gesonde pluksel nie.
  2. Kies dié kultivars wat juis geteel is om in potte en balies te groei en plant hulle in treffende houers. .
  3. Groentetuine kan netjiese formele vorms aanneem:
  4. Probeer kropslaai as randplant in die bedding.
  5. Plant ander groente in ordelike blokke of geometriese vorms.
  6. Ontwerp jou groentetuin net soos jy ’n blombedding ontwerp: rondom ’n treff ende kombinasie van welige, dikwels kleurvolle blare .en interessante blaarvorms. .
  7. Kweek boontjies en ertjies in die middel of agterlangs in klein beddings op steunrame.Dit gee hoogte en interessante effek, en maak dit makliker om die peule te pluk.

Peste & plae

 Niemand is lief vir gif in die tuin nie, veral nie op plante wat jy gaan eet nie.

Beveg indringers met ’n organiese metode soos metgesel-aanplanting – dis die kuns om sekere plante bymekaar te plant omdat hulle goed is vir mekaar en omdat hulle peste weghou.

Gousblomme in die hele tuin, teen rondewurms;hisop saam met kool en druiwe, tee n koolmot;kappertjies by radyse, kool en lede van die pampoenfamilie teen plantluise;peperment by kool om die wit koolvlinder weg te hou;en roosmaryn by kool, boontjies en wortels, teen koolmot en wortelvlieg

WENK Kyk uit vir kultivars wat in ’n bosvorm groei of vir ranksoorte hulle bied groter opbrengste en neem minder plek in jou tuin op.

Komkommer:

  • Kweek in tuinbeddings en groot potte

Posisie: Volson.
Grond moet vryelik dreineer en met behulp van organiese materiaal verryk word.
Meng ’n misstof soos Osmocote daarby in.
Gereelde voeding met ’n vloeibare middel soos Nitrosol of Seagro is voordelig, maar nie noodsaaklik nie.
. . .
Water Maak gereeld nat vir die beste resultate. .
Onderhoud Pluk die komkommervrugte jonk om verdere vrugontwikkeling aan te moedig.
.
WENK Kyk uit vir kultivars wat in ’n bosvorm groei of vir ranksoortehulle bied groter opbrengste en neem minder plek in jou tuin op.
Slaai Kweek slaai in tuinbeddings, potte en vensterbakke.
Posisie Gedeeltelike skadu tot volson.

Grond moet goed voorberei word en voghoudend wees. Voeg waterkristalle by grond in potte. Voed gereeld met ’n vloeibare middel.Water:  Maak gereeld nat. Omdat die wortels vlak groei, droog hulle gou uit in warm weer.Slaai sal ’n bitter smaak ontwikkel as dit gedurende die groeiproses droogte gely het.Onderhoud Opeenvolgende aanplantings sorg vir ’n konstante opbrengs.
WENK Kweek gedurende die warm maande net somerkultivars.
Gee dit ’n bietjie skadu deur hulle onder hoër groeiende groente,met soortgelyke  vog- en bemestingvereistes te plant.

BEET BEET

Kweek in tuinbeddings, groot potte en groeibuise.

 Posisie: Volson.

Grond Maak seker dis van goeie gehalte en dreineer vryelik.

diflucan during pregnancy

Spit ’n paar weke voor jy die beet plant organiese materiaal in.

Gee gereeld ’n vloeibare voeding soos Nitrosol of Seagro.

Water Maak gereeld nat, maar moenie te veel of te min water gee nie ,

dit kan wortelontwikkeling strem.

Onderhoud Moe nie die ontblote wortels met deklaag bedek wanneer hulle begin ontwikkel nie.

Saai elke ses weke vir ’n volgehoue opbrengs.

clarina ireland

WENK Pluk die jong blare en gebruik dit in slaai.v

Comments are closed.